Die_skip_University_of_pretoria-1-scaled

UP moet maatreëls in plek hê om EFF-optog af te weer

AfriForum Tuks het die Universiteit van Pretoria (UP) skriftelik versoek om die nodige maatreëls in plek te stel om die EFF se betoging môre (10 Maart 2016) na die UP se Hatfield-kampus af te weer. Dit kom ná die EFF “Tshwane as gemeenskap” genooi het om dié optog te kom ondersteun.

“Die UP moet maatreëls in plek stel om hierdie optog te verhinder. In die eerste plek wil ons nie ’n situasie by UP hê waar studente of werknemers aangeval word nie. Tweedens wil ons nie ’n geval hê waar geboue aan die brand gesteek word nie, soos wat in Februarie op die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit gebeur het,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Die EFF se uitnodiging na die optog kom ondanks ’n vredesverbintenis (“peace pledge”) wat die EFF oor die naweek onderteken het. Dié verbintenis veroordeel enige geweld en verbind die partye tot ’n vreedsame proses om kwessies by UP aan te spreek. Die dokument stel dit ook dat die organisasies sodanig sal optree om die waardigheid en goeie naam van die universiteit te bewaar.

“Dit is sowel UP-bestuur as die SAPD se verantwoordelikheid om die kampus teen gewelddadige optrede te beveilig.”

Sluit by AfriForum Jeug aan deur “Tuks” na 32687 te SMS (R1).