Matie-plakkaat onvanpas
AfriForum Jeug veroordeel die uitbeeldings van Nazi-plakkate wat op 9 Mei 2017 op Universiteit Stellenbosch (US) se Stellenbosch-kampus aangebring is ten sterkste.
Die grafika op die plakkate is gebaseer op ou Nazi-propaganda. Hoewel die teks self geen haatspraak bevat nie, is die agtergrond van die uitbeeldings onvanpas en herinner aan die miljoene mense wat hulle lewens tydens Nazi-bewind in Duitsland verloor het. Die uitbeelding het dus ล ondertoon van antisemitisme en rassisme.
โOmdat die motief nog onbekend is, kan daar net gespekuleer word oor wie vir die plakkate verantwoordelik is, maar die aanbring van enige ideologiese Nazi-nostalgie word sterk deur AfriForum Jeug veroordeel. Ons is van mening dat die aangeleentheid ondersoek moet word,โ sรช Bernard Pieters, AfriForum Jeug se koรถrdineerder vir Maties en die Oos- en Wes-Kaap.
AfriForum Jeug veroordeel alle vorme van rassisme en diskriminasie, ongeag die ras of geslag wat hulself daaraan skuldig maak. Hoewel AfriForum Jeug die aanbring van die plakkate sterk veroordeel, veroordeel ons ook die oรซnskynlike dubbele standaarde wat steeds op ons universiteitskampusse en in die media heers en wat dringend aangespreek moet word.
Die feit dat die US en die media so vinnig hierop reageer, maar uitlatings soos โone settler, one bulletโ destyds nie op soortgelyke wyse op kampus hanteer is nie, wys op diรฉ dubbele standaarde wat gehandhaaf word. Ander uitlatings soos diรฉ van โkill the farmer, kill the boerโ geniet ook nie soortgelyke mediadekking nie.

