Laat die jeug dit nou maar reguit sê

50 jaar later weier die jeug steeds om stil te bly.

Ons glo dat vervallende infrastruktuur, watertekorte, rioolprobleme, slaggate, misdaad, werkloosheid en swak dienslewering nie as normaal aanvaar moet word nie.

Ons glo dat munisipaliteite aanspreeklik gehou moet word vir die dienste wat hulle veronderstel is om te lewer.

Daarom ondersteun ek hierdie versoek aan die munisipaliteit om:

  • terugvoer te gee oor die probleme wat ons gemeenskap raak;
  • duidelike aksieplanne en tydlyne bekend te maak;
  • verantwoordbaarheid te neem vir dienslewering; en
  • praktiese oplossings te implementeer wat ons dorp kan verbeter.

Ons wag nie vir die volgende verkiesing nie.
Ons bou vir die volgende generasie.