Dink jy jy is nog welkom of veilig by die NWU?
Die NWU maak asof hulle deur die hof verbied is om die sing van “Kill the Boer” te kritiseer, of om hul eie reëls en waardes te handhaaf op hul kampusse, maar dit is nie die geval nie.
Die enigste rede waarom die NWU nie die sing van Kill the Boer veroordeel het nie, is omdat hulle doodeenvoudig nie wil nie.
Op 5 Junie 2025 is “Kill the boer” op die NWU se Potchefstroom-kampus gesing.
AfriForum Jeug het toe al aan die NWU geskryf en gevra om die sing van “Kill the boer” op kampus te veroordeel en verbied.
Op 22 September 2025 is “Kill the boer” weer op die NWU se Potchefstroom-kampus buite die administratiewe gebou gesing.
AfriForum Jeug het weer gevra dat die NWU die sing van “Kill the boer” op kampus moet veroordeel en verbied.
Hierdie keer het die NWU amptelik gereageer en bevestig dat hulle nie die sing van “Kill the boer” op kampus gaan veroordeel of verbied nie.
Hoekom is jou geld welkom vir die NWU, maar jy is nie?
Die NWU sê niks. Jy moet.
"*" indicates required fields
