20160218_144849-scaled

EFF en VSR verantwoordelik vir geweld op TUKS – AfriForum Jeug

Daar is vandag 17 studente, waaronder vier VSR-lede en ondersteuners van die EFF, by die Universiteit van Pretoria (UP) se hoofingang gearresteer. Dit spruit voort uit voorvalle van vandalisme en geweldpleging wat sedert gister voorgekom het.

Henrico Barnard, AfriForum Jeug se presidensiële kandidaat by Tuks, het gesê dit is betreurenswaardig dat lede van die VRS, wat veronderstel is om neutraal en objektief te wees, ook weens die voorvalle in hegtenis geneem is.

Dié VRS-lede wat gearresteer is, het ook uitlatings teen Afrikaans as onderrigmedium gemaak. “Die VSR is dus nie verteenwoordigend van al die studente op die kampus nie.”

AfriForum Jeug beywer hom vir die behoud van Afrikaans op UP, asook die akademiese ontwikkeling van ander tale soos Sepedi.

“In die lig van die komende VSR-presidentsverkiesing is dit noodsaaklik dat studente moet weet waarvoor die kandidate staan,” het Morné Mostert, nasionale koördineerder van AfriForum Jeug, gesê.

“Dit sal nie in Afrikaanse studente se belang wees as ʼn VSR-president verkies word wat homself vir die ondergang van Afrikaans beywer nie.”

  • Vir medianavrae kontak Henrico Barnard by 082 587 4585.