Die US se aansien bloei pers
Die twee meisies van Maties wat weens hul pers gesigte geskors is, het vandag met AfriForum Jeug se regspan vergader en die aanbod aanvaar dat AfriForum Jeug hulle sal bystaan. AfriForum Jeug se regspan het vandag opdrag gekry om alle moontlike stappe te neem om die meisies se regte te beskerm.
AfriForum Jeug is diep bekommerd oor die afgelope week se gebeure op die Maties-kampus, toe diΓ© twee damestudente eensydig en sonder die geringste teken van βn behoorlike ondersoek summier weens βanoniemeβ klagtes oor beweerde βblackfacingβ geskors is.
NΓ‘ konsultasie tussen die betrokke partye en AfriForum Jeug se regspan is daar geen twyfel nie dat die onverklaarbare traagheid van die US bestuur om hierdie gruwelike, lompe mistasting en onbehoorlike βskorsingβ onmiddellik reg te stel, drastiese regsoptrede regverdig. Die US-bestuur se hantering van diΓ© aangeleentheid is skreiend en βn tipiese voorbeeld van hoe elke denkbare mensereg en die behoorlike administrasie van dissiplinΓͺre en regsoptrede vertrap word. βDit is, om die minste te sΓͺ, uiters onbillik en onaanvaarbaar,β het MarlΓ© Odendaal, AfriForum Jeug se Maties-woordvoerder, verduidelik.
βOns is uiters teleurgestel oor hoe die studenteraad (SR) die saak hanteer het. Dis duidelik dat die SR eerder wil luister na wat Open Stellenbosch te sΓͺ het, as na die studente wat hulle veronderstel is om te verteenwoordig,β het Odendaal gesΓͺ.
AfriForum Jeug is βn niediskriminerende, inklusiewe organisasie wat daarop fokus om alle individue teen enige vorm van onregverdigheid en diskriminasie te beskerm. Dit is ook om hierdie rede dat AfriForum Jeug by die saak betrokke raak en die verontregte studente ondersteun. AfriForum Jeug verwerp sogenaamde βblackfacingβ asook enige vorm van rassisme ten sterkste en kan dit onder geen omstandighede goedkeur nie.

