Curro insident: Rasbehepte politici moet nie kinders misbruik om illusie van rassisme te skep nie
AfriForum Jeug het die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, en ander politici en politieke partye wat βn skooluitstappie van die Curro skool in Roodeplaat wat in klasverband plaasgevind het, as rassisme voorhou, daarvan beskuldig dat hulle onskuldige kinders misbruik om hulle eie rasbehepte agenda te voer.
Volgens Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, is Lesufi daarvoor bekend dat hy valse aanklagted van rassime stook in βn poging om Afrikaans as onderrigtaal te ondermyn. βOm βn Afrikaanse klas wat in klasverband vervoer word, valslik as rasseskeiding te probeer voorhou, is verregaande,β het Maree gesΓͺ.
Maree het gesΓͺ die bohaai oor die Curro-insident is aanduidend van die dubbel standaarde oor rassisme in die land. βDie rasbehepte politici swyg oor die staat se rasbeheptheid en rassisme teen wittes, terwyl βn onskuldige skooluitstappie in klasverband valslik tot βn nasionale rasse-insident verhef word,β het Maree bygevoeg.
Volgens Maree swyg Lesufi gerieflikheidsonthalwe oor die feit dat daar in die sogenaamde βswart busβ ook wit Engelssprekende leerders was.

