Ou_Lettere_f_Tuks-731x477-1

UP-bestuur verseker Afrikaans as onderrigtaal

Die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) het aan AfriForum Tuks bevestig dat Afrikaans as onderrigtaal by die universiteit gehandhaaf sal word. Hierdie was op antwoord van ʼn memorandum oor die universiteit se taalbeleid wat AfriForum Tuks aan prof. Cheryl de la Rey, visekanselier en rektor van UP, oorhandig het.

“Ons memorandum eis dat die universiteit Afrikaans as onderrigtaal moet verseker en sy historiese verbintenis met Afrikaans moet herbevestig. UP was nog altyd ʼn plek waar Afrikaanse studente tersiêre onderrig van hoë gehalte in hul moedertaal kon kry. Afrikaans is vir ons ononderhandelbaar en ons is verheug om te hoor dat UP-bestuur sterk standpunt inneem sodat Afrikaans verseker kan word,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale verteenwoordiger, gesê.

Die rektor het aangedui dat sy alle belanghebbendes sal nader en AfriForum Tuks ook uitgenooi om die memorandum en taalbeleid met haar te bespreek sodat geen party se regte in hierdie verband geskend sal word nie.

“Ons beplan om ʼn konsepbeleid aan UP-bestuur te voorsien wat sal verseker dat grondwetlike regte op die kampus sal seëvier.”