AfriForum Kuruman se Jeug begin om ouetehuis te beveilig

AfriForum Jeug in Kuruman het op Saterdag, 1 September 2018 begin om die veldgedeelte by die Mimosahof Ouetehuis skoon te maak. Dít volg nadat die ouetehuis onder ’n reeks inbrake deurgeloop het en die AfriForum-tak genader is om in te gryp met die beveiliging daarvan.

Die Jeug-span het ook aangebied om klein verbeterings aan te bring waar van die oumense hulp benodig. Die plaaslike buurtwag doen ook nou gereelde patrollies daar. “Dit is lekker om te sien dat dit wat ons doen só ’n groot verskil vir die inwoners van die ouetehuis maak,” sê Gerald Tonsing, jeugvoorsitter van AfriForum se Kuruman-tak.

AfriForum sal ook deurlopend hulp aan die ouetehuis bied om te verseker dat die mense veilig is.

AfriForum moedig die gemeenskap aan om deel te word van aksies soos hierdie deur “Selfdoen” na 32532 te SMS (R1).