AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie
Die burgerregte-organisasie AfriForum Jeug vier nie vanjaar Jeugdag nie omrede die ANC-regering toenemend sy onbevoegdheid ten toon stel en die omstandighede in Suid-Afrika gevolglik βn al hoe swakker toekomsverwagting vir die Suid-Afrikaanse en Afrikanerjeug daarstel.
Toenemende rasgedrewe en diskriminerende beleide, die weerhouding van geleenthede, asook gruwelike dubbele standaarde het tot gevolg dat die Afrikanerjeug al hoe meer vervreemd in hul geboorteland voel.
βMiljoene rande van belastingbetalers se geld word op Jeugdag aan partytjies spandeer, terwyl talle jongmense van die geleentheid ontneem word om te studeer. Om diΓ© rede sal AfriForum Jeug as deel van die Solidariteit Beweging voortgaan om aan βn toekoms te bou waarin jong Afrikaners weer tuis in Suid-Afrika sal voel,β sΓͺ Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug.
Die afgelope jaar is gekenmerk deur betogings deur talle ongelukkige studente en jongmense regoor Suid-Afrika. Minder geleenthede vir jongmense, leΓ« beloftes van βn beter toekoms en βn krimpende ekonomie is slegs βn paar van die oorsake waarom daar geen rede tot feesviering is nie.
βWanneer die jeug weer βn toekoms in Suid-Afrika het waarin hulle vry, veilig en voorspoedig kan wees, sal AfriForum Jeug diΓ© dag vier,β sluit Maree af.

