AfriForum Jeug versoek inligting
AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee om βn regsbrief aan die Raad van die NWU-Puk te rig waarin hul versoek dat die Raad se verslag wat aan die minister oorhandig is, aan hul bekend gemaak moet word. Indien die Raad sou versuim om aan die versoek te voldoen, sal AfriForum Jeug sy regspan opdrag gee om die inligting kragtens die Wet op Toegang tot Inligting te bekom.Β
βDie woordvoerders voer aan dat die verslag nie bekendgemaak kan word nie, omdat verdere ondersoek nodig is. Dit is ongehoord om βn verslag aan die minister te oorhandig as verdere ondersoek steeds nodig is,β het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesΓͺ.
AfriForum Jeug is diep bekommerd oor die toekoms van die NWU-Puk. Die kommer spruit voort uit vandag se mediakonferensie en uitlatings wat gister deur die Vise-Kanselier, Dan Kgwadi gemaak is. Kgwadi het reguit aan die media gesΓͺ dat dit nou die tyd vir transformasie is en dat geen ontgroening geduld sal word nie.
βTransformasie is die ANC se politiek-behepte idee. Transformasie kan nie afgedwing word nie en indien dit wel afgedwing word, sal dit sekerlik opstand onder studente veroorsaak. Net omdat die meeste studente op βn kampus Afrikaans is, maak dit nie die universiteit teen transformasie gekant nie,β het Maree gesΓͺ.
βOns stem saam dat geen student se menswaardigheid aangetas moet word nie, maar die baba kan nie saam met die badwater uitgegooi word nie. Daar is βn onderskeid te tref tussen βn gesonde studentelewe en ontgroening, die Raad moet dit besef,β het Maree afgesluit.

