Maties-3

AfriForum Jeug veroordeel aanry van studente na US

AfriForum Jeug het ’n dringende beroep op die bestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) gedoen om onmiddellik op te tree teen individue wat gister per bus aangery is om op die kampus te betoog.

Volgens die organisasie se inligting is dié individue nié studente aan die US nie.

Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale woordvoerder, sê die universiteit moet ingryp om die regte van werklik ingeskrewe US-studente te beskerm.

“Dit is duidelik uit die eise wat die moeilikheidmakers aan die universiteit gestuur het, dat hierdie gewelddadige optrede lankal nie meer net oor klasgelde gaan nie. Die betogers is besig om ’n politieke agenda te dryf wat daarop gemik is om die instellings te ‘Afrikaniseer’ wat uiteindelik op totale verval sal neerkom.”

Van die eise wat die militante groepe gemaak het, sluit in ’n onmiddellike opheffing van interdikte teen betogers, die afskryf van alle vorige studieskuld vir studente wat uit huishoudings kom wat minder as R600 000 per jaar verdien en die US moet die versoek ondersteun vir “massavergaderings en -optogte oor gratis, gehalte-, gedekolonialiseerde en swartgesentreerde onderwys”.

Volg die skakel om AfriForum Jeug se petisie, Universiteitsbesture, laat ons studente in vrede studeer!, te ondersteun:

https://afriforumjeug.co.za/universiteitsbesture‑laat‑ons‑studente‑vrede-studeer/.

afriforum-youth-condemns-students-transported-to-maties