AfriForum Jeug sit letterlik voet neer teen e-tol

AfriForum Jeug saam met talle studente het vandag by die Universiteit van Pretoria voet neergesit teen die e-tolstelsel. ‘n Reusebanier is van vanoggend af vol voetspore getrap as deel van AfriForum Jeug se veldtog teen e-tol. 

“Studente se steun is ongelooflik. Hulle was eers wantrouig, maar sodra die studente die simboliek gesnap het, was hulle maar te gretig om in te spring. Die veldtog is tot dusver ’n groot sukses,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

Die veldtog is van stapel gestuur teen die omstrede e-tolstelsel. President Jacob Zuma het naamlik op 22 Oktober 2013 by ’n ANC-saamtrek in Johannesburg gesê het dat studente moontlik van e-tol vrygestel kan word, maar die vrystelling het nie weer ter berde gekom nie.

“Die meerderheid studente verdien geen vaste inkomste nie. Studente wat wel ʼn inkomste verdien se inkomste is wisselvallig en val onder die belastingdrempel. Die meeste studente ry ook saam, wat beteken hulle behoort dieselfde vrystelling as taxi’s te hê,” sê Rochelle Oosthuyse, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies.

Tesame met die laptrap-aksie is petisies onder studente by drie kampusse versprei. AfriForum Jeug se doelwit met die petisie is om die regering en SANRAL bewus te maak van die studente se versoek. Elke student se handtekening sal ’n verskil maak.

Studente sit voet neer teen e-tol (1)
Studente sit voet neer teen e-tol (1)
Studente sit voet neer teen e-tol (10)
Studente sit voet neer teen e-tol (10)