|

AfriForum Jeug se Internskapprogram

AfriForum Jeug se internskapprogram is ontwerp om jong leiers toe te rus met die nodige kennis, vaardighede en praktiese ervaring om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Hierdie program bied aan deelnemers die geleentheid om hul leierskappotensiaal te ontwikkel deur gestruktureerde opdragte en deurlopende begeleiding.

Hoe werk die program?

  • Deelnemers sal maandeliks ’n opdrag ontvang.
  • Elke opdrag moet binne ’n vasgesteldetydperk voltooi en ingehandig word.
  • Opdragte sal elke maand verskil, sodat deelnemers aan uiteenlopende temas en vaardighede blootgestel word.
  • Alle werk sal nagesien en geëvalueer word volgens die standaarde soos uiteengesit in die Jeuggids 2026.

Hierdie gestruktureerde benadering verseker dat elke intern nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook praktiese ervaring en verantwoordelikheid ontwikkel.

Belangrike kwalifikasievereiste

Let asseblief daarop dat die suksesvolle voltooiing van die internskapprogram ’n vereiste is om te kwalifiseer vir deelname aan die mentorskapprogram wat later vanjaar aangebied sal word. Slegs kandidate wat die internskap voltooi en aan die vereiste standaarde voldoen, sal oorweeg word vir die mentorskapprogram.