afriforum-jeug-oorhandig-memorandum

AfriForum Jeug oorhandig memorandum oor Tuks-student

AfriForum Jeug het gister ’n memorandum aan die bestuur van die Universiteit van Pretoria (UP) oorhandig, waarin die organisasie die skorsing eis van Luvuyo Menziwa, ’n UP-student en lid van die studenteraad. Dít volg nadat Menziwa in ’n Facebook-inskrywing gesê het dat hy wit mense met ’n AK-47 of ’n bazooka wil doodmaak.

AfriForum Jeug is van mening dat sulke voorvalle geweld op kampus en onnodige twis tussen studente aanhits. Volgens Henrico Barnard, woordvoerder van AfriForum Jeug op die Tuks-kampus, is dit die universiteit se plig om studente te beskerm. Sou studente egter onveilig voel, kom die UP nie hierdie verantwoordelikheid na nie.

“AfriForum Jeug moes reeds op 30 Augustus 2016 ’n antwoord van die UP-bestuur oor die Menziwa se skorsing ontvang het, maar na geen reaksie is ons nou genoop om verder stappe te neem,” sê Jaco Grobbelaar, koördineerder vir AfriForum Jeug op die Tuks-kampus.