US

AfriForum Jeug Maties lewer kommentaar op US-taalbeleid

AfriForum Jeug se Maties-tak dien vandag bykomende kommentaar by die ondersoekkomitee in wat deur prof. Wim de Villiers, die rektor en visie-kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), aangestel is. Dié kommentaar handel oor die prosedurele onbillikheid van die US se konseptaalbeleidsverandering.

AfriForum Jeug het reeds ’n hofaansoek ingedien om die hersieningsproses stop te sit, omdat die US nie die korrekte prosedure gevolg het nie.

“Dit is kommerwekkend dat die US in elk geval besluit het om met ʼn onwettige konseptaalbeleid voort te gaan,” sê Bernard Pieters, AfriForum se Maties-kampuskoördineerder.

“Die universiteit moet aan verpligting voldoen wat ten opsigte van moedertaalonderrig en meertaligheid in die Grondwet gestel word,” meen Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder