RedAfrikaans

AfriForum Jeug kondig #RedAfrikaans-vyfpuntplan vir universiteite aan

“AfriForum Jeug sal nie toelaat dat Afrikaanse studente verneder word nie!”

Dít was die woorde van Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder, tydens die aankondiging van die vyfpuntplan wat as opening van die #RedAfrikaans-veldtog dien. Dié veldtog vorm die hoeksteen vir die behoud van Afrikaans by Suid-Afrikaanse universiteite.

Die plan sluit in:

  • Die terughou van klasgelde tot Junie 2016
  • Die organisering van sterk kampusstrukture
  • Mobilisering om Afrikaans te beskerm
  • Aktivisme
  • Regsaksies teen universiteite

“Ons sal nie toekyk hoe universiteite hul aan taaldiefstal skuldig maak nie, soos wat ons reeds by die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria sien gebeur,” het Cameron bygevoeg.

Volgens Cameron word Afrikaans as politieke slaansak deur ander minderheidsgroepe by universiteite gebruik om politieke partye se ideale op kampusse te dryf.

AfriForum Jeug versoek die publiek om hul steun vir die behoud van Afrikaans by universiteite regoor die land te wys deur AFRIKAANS na 32687 te SMS (R1 per SMS).