IMG-20140423-WA0001

AfriForum Jeug hou wakende oog oor gesonde studentetradisies

AfriForum Jeug se optog op Donderdag, 15 Mei, het die Universiteit van die Vrystaat se studentedekaan, Rudi Buys, skriftelik repliek gelewer. AfriForum Jeug het vroeër vanjaar ‘n veldtog van stapel gestuur om gesonde studentetradisies, studentelewe asook die huidige koshuise se voortbestaan by die UV te verseker.

“Ons is dankbaar oor die skrywe wat ons ontvang het, asook die gesindheid van samewerking wat deur die Universiteit ten toon gestel word. Ons sou wel meer reguit antwoorde aangaande sekere versoeke wou hê, maar dit sal tydens ons volgende ontmoeting aandag geniet,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê.

Volgens AfriForum Jeug is nie alle versoeke en vrae in die skrywe beantwoord nie en sal die uitnodiging om verdere gesprek te voer, aanvaar word. Verder is AfriForum Jeug reeds betrokke by gesprekke met studente. Die organisasie sê hy sal konstruktief aan alle gesprekke in die toekoms deelneem om te verseker studente se stem word gehoor.

“Ons sal alle prosesse met ‘n valkoog dophou. Hoewel die skrywe ons goedgesind is, sal ons versigtig wees daaroor aangesien daar in die verlede ook al beloftes gemaak is, waarby die Universiteit nie altyd gehou het nie,” sê Maree.