koshuise

AfriForum Jeug en studente rou oor koshuise

AfriForum Jeug en studente van die Universiteit van Pretoria het vandag oor die dood van koshuise en studentelewe gerou deur ’n kis met 1 600 handtekeninge van studente saam met ʼn memorandum met eise van studente voor die Roosmaryngebou, wat die kantoor van die departement van studentesake is, te los.

“AfriForum Jeug het besluit om saam met studente protes aan te teken teen die beplande veranderings van koshuise deur die dood van koshuise simbolies te illustreer,” sê Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug.

Dié jeugorganisasie het vroeër vandeesmaand die inligting oor die universiteit se beoogde veranderings aan koshuise vir 2015 aan die media voorsien. Die beplande veranderings is sedertdien op ys geplaas tot 2016.

“Die veranderings is aangekondig sonder die insette van studente en ander belanghebbendes, en hoewel dit vir eers uitgestel is, is dit steeds deel van die universiteit se planne vir koshuise en sal AfriForum Jeug nie toekyk hoe studentelewe en koshuise vernietig word nie,” sê Dupper.

AfriForum Jeug sal aanhou om standpunt in te neem namens studente wanneer hulle stemme geïgnoreer word.

Lees hier die Memorandum wat oorhandig is: Kliek hier!

Kis met 1600 handtekeninge van studente voor die Roosmaryngebou
Kis met 1600 handtekeninge van studente voor die Roosmaryngebou