AfriForum Jeug eis optrede van dr. Nzimande en SAMRK vir studenteveiligheid by Medunsa

AfriForum Jeug eis ’n ondersoek, optrede en die toepassing van ’n daadwerklike plan van die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande asook die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) om studenteveiligheid aan Medunsa te verseker. Dit, nadat die jeugorganisasie talle klagtes van studente ontvang het.

“Ons het die brief met ons eise aan die instellings gestuur. Onskuldige studente word tot met die dood gedreig op sosiale media, deur teksboodskappe en selfs op kampus, terwyl rassistiese aanmerkings in die rigting van nie-swart studente geslinger word, aangesien hulle nie wil saam staak nie. Die situasie by die kampus is buite beheer en onmiddellike optrede moet geskied,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Volgens Maree is studente bang om klas toe te gaan. “Daar was al groot ophef gemaak oor voorvalle by ander universiteite sedert die begin van die jaar, maar hoër onderwys en die SAMRK is tjoepstil oor die staking by Medunsa.”

AfriForum het die instellings tot Vrydag, 5 September tyd gegee om op die eise te reageer.

1 Post by SRC president 5 Tumelo en Peter 6 Nkanyiso