Ou_Lettere_f_Tuks-731x477-1

AfriForum Jeug eis dat UP veiligheid moet verskerp ná nog EFF-dreigemente

AfriForum Jeug het die Universiteit van Pretoria (UP) vandag skriftelik versoek om sekuriteit op die kampus op te skerp en wéér maatreëls in plek te stel om studente se veiligheid te verseker. Dít volg nadat verskeie media berig het dat die EFF en #FeesMustFall-betogers glo wéér gedreig het om die kampus te ontwrig indien Afrikaans as onderrigtaal nie afgeskaf word nie.

“UP moet verseker dat daar ’n werkbare plan in plek is om enige vorm van ontwrigting en geweld op kampus af te weer,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê.

Die jeugorganisasie is ook van mening dat die huidige lede van die UP-studenteraad (SR) nie bevoeg is om op dié raad te dien nie. Dít volg nadat die SR nie daarin kon slaag om beheer te neem oor ’n vergadering rakende die raad se begroting nie, nadat dit deur lede van die EFF en SASCO ontwrig is. AfriForum Jeug het ook dié vergadering bygewoon.

Sluit aan by AfriForum Jeug deur “Tuks” na 32687 te SMS (R1).