Tuks-selfverdediging1

AfriForum Jeug bied selfverdedigingsopleiding aan Tuks-studente

AfriForum Jeug se Tuks-tak het op Woensdag 31 Augustus selfverdedigingsklasse vir studente by die Universiteit van Pretoria aangebied.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum Tuks se koördineerder, was die opleiding ’n reusesukses.

“AfriForum Jeug is van mening dat alle mense, in dié geval studente, oor die vermoë moet beskik om hulself te kan verdedig. ’n Mens kan op enige oomblik in ’n gevaarsituasie beland, hetsy op of weg van die kampus af, daarom is dit vir ons as jeugorganisasie belangrik dat studente dié vaardigheid aanleer,” sê Grobbelaar.

Hy sê voorts dat die jeugorganisasie nog talle soortgelyke selfverdedigingsessies op dié kampus beplan.

“Ons wil studente nie net leer hoe om hulself te verdedig nie, maar ook om paraat te wees en so ver moontlik te voorkom dat hulle in gevaarsituasies beland.”

Studente aan die UP-kampus kan deel word van die inisiatief deur by www.afriforumjeug.ac.za aan te sluit by AfriForum Jeug.