russel-botman-e1378550908235

AfriForum Jeug betuig medelye oor afsterwe van prof. Russel Botman

AfriForum Jeug het sy medelye uitgespreek met die geliefdes van prof. Russel Botman, rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch, oor die skielike afsterwe van dié akademikus.

“Prof. Botman het sy lewe gewy aan die akademie en die bevordering van gehalte hoëronderwys. Prof. Botman se naasbestaandes is in ons gebede,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê.