|

Die US se aansien bloei pers

Die twee meisies van Maties wat weens hul pers gesigte geskors is, het vandag met AfriForum Jeug se regspan vergader en die aanbod aanvaar dat AfriForum Jeug hulle sal bystaan. AfriForum Jeug se regspan het vandag opdrag gekry om alle moontlike stappe te neem om die meisies se regte te beskerm.

AfriForum Jeug is diep bekommerd oor die afgelope week se gebeure op die Maties-kampus, toe diรฉ twee damestudente eensydig en sonder die geringste teken van โ€™n behoorlike ondersoek summier weens โ€œanoniemeโ€ klagtes oor beweerde โ€œblackfacingโ€ geskors is.

Nรก konsultasie tussen die betrokke partye en AfriForum Jeug se regspan is daar geen twyfel nie dat die onverklaarbare traagheid van die US bestuur om hierdie gruwelike, lompe mistasting en onbehoorlike โ€œskorsingโ€ onmiddellik reg te stel, drastiese regsoptrede regverdig. Die US-bestuur se hantering van diรฉ aangeleentheid is skreiend en โ€™n tipiese voorbeeld van hoe elke denkbare mensereg en die behoorlike administrasie van dissiplinรชre en regsoptrede vertrap word. โ€œDit is, om die minste te sรช, uiters onbillik en onaanvaarbaar,โ€ het Marlรฉ Odendaal, AfriForum Jeug se Maties-woordvoerder, verduidelik.

โ€œOns is uiters teleurgestel oor hoe die studenteraad (SR) die saak hanteer het. Dis duidelik dat die SR eerder wil luister na wat Open Stellenbosch te sรช het, as na die studente wat hulle veronderstel is om te verteenwoordig,โ€ het Odendaal gesรช.

AfriForum Jeug is โ€™n niediskriminerende, inklusiewe organisasie wat daarop fokus om alle individue teen enige vorm van onregverdigheid en diskriminasie te beskerm. Dit is ook om hierdie rede dat AfriForum Jeug by die saak betrokke raak en die verontregte studente ondersteun. AfriForum Jeug verwerp sogenaamde โ€œblackfacingโ€ asook enige vorm van rassisme ten sterkste en kan dit onder geen omstandighede goedkeur nie.