Puk-studente is GATVOL vir slaggate
Die huidige toestand van paaie rondom die Puk-kampus en omliggende studente-areas, gekenmerk deur ’n oormatige aantal slaggate, dui op ’n ernstige tekort aan effektiewe infrastruktuurinstandhouding. Hierdie situasie is nie bloot ’n logistieke uitdaging nie, maar ’n versuim van munisipale owerhede om hul grondwetlike en administratiewe verpligtinge na te kom en stel padgebruikers daagliks bloot aan veiligheidsrisiko’s en finansiële skade.
Padinstandhouding vorm deel van basiese dienslewering en die voortdurende versuim om paaie in ’n veilige toestand te hou, kan regsimplikasies inhou waar skade voorsienbaar en voorkombaar is. Hierdie petisie dien as ’n formele oproep tot aanspreeklikheid van die JB Marks Munisipaliteit om alle hoërisikoslaggate in die area binne 30 dae te herstel, met ’n deurlopende instandhoudingsplan in plek om toekomstige verval te voorkom en padveiligheid volhoubaar te verseker.
Jy kan help deur jou naam hierby te voeg:
"*" indicates required fields

