Metro laat Tuks-studente in die donker!
Slegs ongeveer een uit elke 20 straatligte rondom die kampus van die Universiteit van Pretoria werk. Die paar ligte wat wel funksioneer, is hoofsaaklik binne op die kampus – maar buite, waar studente saans moet rondbeweeg, is dit pikdonker.
Ons studente verdien ’n veilige omgewing waarin hulle kan studeer, werk en leef – nie strate wat donker en gevaarlik gelaat word nie.
AfriForum Jeug eis dat die Tshwane-metro dringend hierdie straatligte herstel en in stand hou.
"*" indicates required fields