Capture.JPG-11

10 Punt Voorkomingsplan vir kampusse

AfriForum Jeug het vandag ’n Nasionale Voorkomingsplan vir kampusse regoor Suid-Afrika bekendgestel. Hierdie plan kom na geweld verlede week by die Elsenburg Landboukollege in Stellenbosch geheers het, asook na dreigemente van soortgelyke geweld by ander kampusse regoor Suid-Afrika. 

“Ons glo dit is beter om voorsorg te tref en planne in plek te hê, sou daar soortgelyke optogte by ander universiteite plaasvind,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Die plan bestaan uit tien aksies wat by sewe tersiêre instellings uitgevoer sal word. Dit sluit in:

  • Die opstel van reaksieplanne wat uitgevoer sal word indien gewelddadige betogings uitbreek;
  • Die gebruik van privaat veiligheidsmaatskappye om studente se regte te beskerm;
  • Aksies vir die behoud van Afrikaans; en
  • Opleiding in studenteregte en selfverdediging.

ʼn Paar van die planne is reeds vandag sigbaar is. Briewe is gestuur aan die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande en die minister van landbou, bosbou en visserye, mnr. Senzeni Zokwana. ’n Kort video in reaksie op die “Luister”-video, vervaardig deur die Open Stellenbosch-beweging, is ook te sien op AfriForum se YouTube-kanaal. Klik hier: https://youtu.be/G-a8SESXKoE

“Met die toepassing van die voorkomingsplan, wil ons, sover moontlik, saam met kampusse se sekuriteit en bestuur werk, maar ons sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie,” het Maree gesê.

 

Die voorkomingsplan is hierby aangeheg: AfriForum Jeug – Voorkomingsplan