Wesfrontvasbyt
GALERY
AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige persone die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.
Die Wesfrontvasbyt se tema is die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899–1902 geduur het. Ons toer spesifiek na gebiede waar veldslae onder leiding van genls. De la Rey, De Wet en Cronjé plaasgevind is. Dit verskil van die Rebelspoorvasbyt omdat ons met dié toer van slagveld tot slagveld en stelling tot stelling stap om dit met aandag te verken.
Kom leer hoe ons generaals planne moes maak.
30 Sept 2022 – 6 Okt 2022
Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:
- Rivierswem en koppies klim
- Deursoek slagvelde vir ou koeëls en skrapnel
- Dans en kuier saam met mede stappers
- Leer meer oor jou geskiedenis
Toergids: Dr. Louis Bothma
Bespreek jou plek: Wesfrontvasbyt leierskap- en geskiedenisstaptoer
Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.Kontak Petri Van Der Walt by 081 216 9996 as jy enige vrae het.