SR-banier_Jeug
| DeurAfriForum

Was Jolene te Afrikaans vir die SR?

Waar is die demokrasie op die Maties-kampus?

AfriForum Jeug het gister ’n dringende hofaansoek uitgereik teen die Universiteit Stellenbosch (US) by die Wes-Kaapse hooggeregshof om die diskwalifikasie van Jolene le Roux as lid van die universiteit se Studenteraad (SR) te hersien. AfriForum Jeug het in Oktober teen haar onbillike diskwalifikasie geappelleer, maar dit is verlede week Maandag (11 November) deur die studentehof van die hand gewys. Haar diskwalifikasie volg ná ’n uitgerekte proses wat AfriForum Jeug bestempel as ’n daadwerklike poging om Afrikaans, Afrikaanse studente en veral Afrikaanse leierskap aan dié universiteit te onderdruk.

Die universiteit se hantering van hierdie saak dui op ’n voortgesette agenda om pro-Afrikaanse studente uit leierskapsposisies te hou en daarom moet die hooggeregshof nou ingryp in hierdie saak van onbillike diskwalifikasie

Ons kort soveel as moontlik handtekeninge voor die hofverskyning van Jolene.

Voeg jou naam hierby:

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.