UV-taaldebat: AfriForum rig skrywe aan raad
Geagte regter Van der Merwe en raadslede,
Ek rig hierdie brief aan u in u hoedanigheid as raadslede van die Universiteit van die Vrystaat namens van ons lede wat aan die UV studeer, maar uit vrees vir viktimisering nie kans sien om hulself te identifiseer nie.
U is bewus daarvan dat die rektor van die UV, prof. Jonathan Jansen, onlangs die hersiening van die UV se taalbeleid aangekondig het nadat mosies hieroor op 28 April gedien het op โn algemene universiteitsvergadering. Hy het die stap gemotiveer deur in sy Maandagbulletin van 4 Mei te beweer โdie meeste studenteโ voel dat onderrig in sowel Afrikaans as Engels โte veel nadele vir persone in klasse, sowel as dosente veroorsaakโ.
Van die beweerde nadele sluit in dat โafsonderlike Afrikaanse en Engelse klasse lei tot skeiding van rasseโ en die โvermoede dat studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word in terme van โeksamineerbare inhoudโโโ.
Daar is ernstige vrae oor die rektor se taalhersieningsvoorstel. Hy aanvaar wel dat rasse-integrasie ook op ander maniere buite klasse kan plaasvind, dat Afrikaans nie slegs โn wit taal is nie en dat plattelandse Afrikaanse studente sal sukkel om reeds van hul eerste jaar in Engels te studeer. Prof. Jansen het aangekondig dat hy sy โsenior span gaan vra om met โn proses te begin wat die insette van alle personeel en studente, wat met die gevolge van ons bestaande taalbeleid moet saamleef, te ondersoekโ omdat โenige verandering aan die UV se taalbeleid (uiteindelik) deur die raad gemaak wordโ.
Om mee te begin, boesem prof. Jansen se dubbelpratery oor Afrikaans nie vertroue in nie. In sy Percy Baneshik-gedenklesing van 18 September 2013 het hy hom onomwonde ten gunste van Engels as onderrigtaal op alle vlakke in die land uitgespreek. Toe, nรก ongekende openbare druk aan die UV onder meer oor hoe hy twee wit, Afrikaanse studente na bewering geรฏnkrimineer het, het hy op โn konvokasievergadering op 15 April 2014 belowe dat solank hy rektor is Afrikaans aan die UV veilig is.
In Augustus 2014, toe dit geblyk het dat die UV se mediese fakulteit in โn krisis is, het die UV in โn Volksblad-advertensie daarop geroem dat sy mediese fakulteit een van min in die land is waar studente nog in Afrikaans medies kan studeer.
Nou kom maak die rektor vae, ongetoetste beweringe oor studente se ontevredenheid met Afrikaans, asook ernstige aantygings oor Afrikaanse dosente se integriteit.
Die aankondiging oor die hersiening van die taalbeleid kom dus teen die agtergrond van groeiende onsekerheid oor Afrikaans, iets waartoe prof. Jansen self bygedra het. Per slot van rekening het hy op 28 April se universiteitsvergadering self verklaar die snelgroeiendste bedryf in Bloemfontein is private akkommodasie vir โkonserwatieweโ wit Afrikaanse studente wat nie meer welkom voel op die kampus nie โ asof hierdie toedrag van sake niks met sy optrede te make het nie.
Dit is ook belangrik om in ag te neem dat die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid oรซnskynlik โn negatiewe rol op die kampus speel.
Die mosies wat by die massavergadering ingedien is, is vooraf deur die instituut goedgekeur en dit was geen verrassing nie dat die meeste, indien nie al die voorstellers van mosies nie, bande van een of ander aard met die instituut het. Dit strook nie juis met prof. Jansen se uitspraak in bogenoemde bulletin dat die instituut โvreesloos en sonder enige vooroordeel ruimte laat vir duidelik verskillende standpunte om ter tafel gelรช en bespreek te wordโ nie. Dit wil voorkom asof die instituut funksioneer binne โn bepaalde politieke klimaat wat klaarblyklik daarop gemik is om die rektor te manipuleer?
Dit laat vrae ontstaan oor Jansen se vroeรซre standpunt dat studente nie uit bepaalde politieke affiliasie aan die SR-verkiesing mag deelneem nie.
U is hopelik ook bewus daarvan dat die UV se taalkomitee, wat deur die huidige taalbeleid voorgeskryf word, lankal nie meer funksioneer nie. Militante, swart studente voer aan dat Afrikaanse studente โn โonregverdige voordeelโ geniet om in hul moedertaal te studeer en dat die speelveld โslegs gelykโ sal wees as almal in Engels studeer. Hierdie standpunt hou nie rekening met die feit nie dat die bemeestering van โn tweede taal berus op die bemeestering van jou eerste taal, wat tans slegs geskied in Afrikaanse en Engelse skole waar moedertaalsprekers van hierdie tale studeer.
As die UV mรดre eentalig Engels word, sal studente wat uit moedertaalskole kom dus waarskynlik steeds beter daaraan toe wees as studente wat tans benadeel voel omdat hulle nie in hul moedertaal aan die UV studeer nie.
Kortom, die gronde waarop die taalbeleid aan die UV nou skielik ondersoek word, lyk uiters verdag. Trouens, daar is rede om te glo dat โn hoogs gemanipuleerde โprosesโ gevolg gaan word, waarna dit vir die senaat en die raad baie moeilik sal wees om nie โn rubberstempel op โn hersiene beleid te plaas indien โdie meerderheidโ die taalbeleid wil verander nie. In die lig hiervan versoek ek u om:
- uit te vind of dit aanvaarbaar is dat so โn hoogs sensitiewe beleidshersiening op sulke twyfelagtige gronde aangepak word?
- die versekering te gee dat die raad behoorlike toesig oor die proses sal hou;
- die aantyging behoorlik te ondersoek en skuldige dosente volgens die universiteitsreรซls te dissiplineer;
- te bevestig of dit vir die raad aanvaarbaar is dat daar waarheid steek in die bewering dat Afrikaanse dosente so laakbaar is om studente uit een taalgroep bo โn ander te bevoordeel?
- aan te dui of dit aanvaarbaar is dat prof. Jansen by die taalhersieningsproses betrokke is, terwyl dit lyk asof hy die eerste rektor in die UV se geskiedenis is wat deur studente vir laster gedagvaar gaan word, en wie se goeder trou en goeie oordeel oor Afrikaans en moedertaalonderrig nou ernstig onder verdenking is; en
- die raad se versekering te gee dat die 25% studente wat aan die UV in Afrikaans wil studeer en wie se finansiรซle bydrae wesenlik is om die begroting van die UV te laat klop, se geldige eis om in Afrikaans te studeer nie bloot van die tafel gevee word nie?
Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

