TRAP VIR JOU TOEKOMS SPAN-INSKRYWINGS
AfriForum Jeug se Tuks-tak bied ’n 12 uur lange fietsryuitdaging by Sol-Tech aan op 24 September 2025 (Erfenisdag) van 12:00 tot middernag.
Hierdie geleentheid is daarop gemik om verskeie jongstudente-instellings soos Akademia, Sol-Tech, Tuks en Tuks-koshuise die geleentheid te bied om fondse vir hul onderskeie instansies in te samel, asook om bande met ander jongmense van dieselfde ingesteldheid te smee. Hierdie is ook ’n gulde geleentheid vir jong studente om Erfenisdag op ’n gesonde, veilige en opbouende wyse te vier met ’n braaibroodjiekompetsie, plaaslike kunstenaars, boeresport en ’n vleisie op die kole.
AfriForum Jeug se Tuks-tak daag jou uit om aan hierdie 12 uur lange fietsryuitdaging te kom deelneem!
SKRYF HIER IN
"*" indicates required fields