Artboard 1
| DeurAfriForum

Trap vir jou toekoms

7 September vanaf 12:00 tot 00:00 by die Voortrekkermonument Amfi Saal

AfriForum Jeug se Pretoria-tak in samewerking met AfriForum Sport hou weer ’n fietsry-uitdaging! Vir 12 ure sal jy en jou span mekaar aflos en sodoende ander instansies uitdaag om geld in te samel vir jou instansie. Slegs kapteine skryf hul span in en registreer elke fietsryer – een inskrywing per span! ’n Minimum van tien lede per span is toelaatbaar.

Die reëls vir die uitdaging werk as volg:

Tydens die uitdaging moet daar te alle tye iemand van jou span op die fiets wees. Daar sal ook tweeuurliks temas wees waarvan ons julle sal inlig. Bring ondersteuners en jou spangees saam, want daar is ’n geesbeker en groot pryse op die spel.

Die kontantpryse vir elke kategoriewenner is:

  • R5 000 vir beste mansspan
  • R5 000 vir beste damesspan
  • R5 000 vir beste gemengde span
  • R2 500 vir beste gees.

AfriForum Sport borg ook R1 per km wat afgelê word per span.

Spanne word aangemoedig om eie borge te verkry wat jou span per km sal borg.

Betaal jou R300 deposito hier:

Betaling van deposito:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 623 4989 8398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Trap voorletter en van
Stuur jou bewys van betaling aan marne.buys@afriforum.co.za.

Registreer hier: (Invul)

"*" indicates required fields

Spankaptein

Naam en van*
Spanlede*
Naam
Van
E-posadres
Kontaknommer
 
This field is for validation purposes and should be left unchanged.