Rebelspoorvasbyt

GALERY

AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige persone die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.

AfriForum Jeug het van 31 Maart tot 6 April 2018 in samewerking met dr. Louis Bothma en saam met 28 studente en ondersteuningspersoneel die eerste Rebelspoorvasbyt van ongeveer 75 km te voet aangedurf. Dié geskiedenisstaptoer herdenk die Rebellie (Boereopstand) van 1914–1915. Die roete strek van Upington tot by die plaas Zwartmodder in die Wes-Kalahari. Van daar reis ons suidwes en hervat die roete vanaf Schuitdrif naby Nous in die Boesmanland tot net voor Upington by die Rebellieboom. Dié toer is spesiaal geskep om jongmense van die Rebellie van 1914–1915 te leer. Mense het op geen ander manier toegang tot hierdie roete nie buiten deur AfriForum Jeug en met dr. Louis Bothma as toergids.

Kom wees deel van hierdie unieke ervaring. Leer nuwe mense ken – en miskien ontdek jy ook jouself.

Koste: R600/persoon (10% afslag vir AfriForum Jeug lede)

Datum: 26 April tot 2 Mei 2022

Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:

  • Besoek die Rebellieboom, waar alles begin het;
  • Kuier en dans saam met die boeregemeenskap;
  • Swem in die rivier; en
  • Slaap onder die sterre en versamel voëlneste.

Toergids: Dr. Louis Bothma

Bespreek jou plek: Rebelspoorvasbyt

Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.
  • Bankbesonderhede: AfriForum NPC FNB Tjek 623 4989 8398 Tak kode 261550 Verwysing: Jou naam + REBELSPOOR
    Accepted file types: jpg, jpeg, png, gif.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Stuur jou bewys van betaling aan petri.vanderwalt@afriforum.co.za.

Skakel Petri Van Der Walt by 081 216 9996 as jy enige vrae het.