
AfriForum Jeug se Maties-tak bied aan: Raakrugby
Raakrugbydag aangebied deur AfriForum Jeug se Maties-tak in samewerking met Bluebottle Stellenbosch, Middelvlei-wynplaas en StudentePlein
- Datum: Saterdag 15 Februarie 2025
- Tyd: 12:00–22:00
- Registrasie: 11:30
- Plek: Middelvlei-Wynplaas, Stellenbosch
PRYSE OP DIE SPEL:
- 1STE PLEK: Prys ter waarde van R10 000
- 2DE PLEK: Prys ter waarde van R8 000
- 3DE PLEK: Prys ter waarde van R5 000
- GEESBEKER: Prys ter waarde van R2 000
ALGEMENE REËLS EN REGULASIES:
- Daar is drie kategorieë (mans-/dames-/gemengde spanne) – spanne en individue kan slegs aan een kategorie deelneem.
- Gemengde spanne moet ’n minimum van vyf dames en/of vyf mans in die span hê.
- Spanne moet uit minimum sewe lede en maksimum tien lede bestaan.
- Die raakrugbyspel is sewe minute per kant.
- Slegs sewe spelers per span mag op die veld deelneem.
- Spanne mag gebruik maak van rolling substitutes.
- Elke span moet ’n spanbestuurder hê. Spanbestuurders word op ’n groep geplaas word waar die program, finale reëlings, asook spel-spesifieke reëls gekommunikeer sal word.
- Geen onder 18’s of persone bo 35 mag aan die raakrugbyspel deelneem nie.
- Koste vir spaninskrywings beloop R500 per span – dit sluit ’n drankgeskenkpak, BBP-kroegpermit, VIP-gazebostaanplek, waterbottels, verskeie geskenkbewyse in.
Bank besonderhede:
Eerste Nasionale Bank
Takkode: 252445
Rekeningnr: 62626490627
Verwysing: Jeug Touchies + spannaam
SKRYF JOU RAAKRUGBYSPAN HIER IN: