Gehalte onderwys
Gehalte onderwys:
Aksies wat al gedryf is om gehalteonderwys te verseker:
- Vergader met raad van Hoër Onderwys om toelating tot universiteite wat gegrond is op ras te bespreek.
- Tree op saam met Potchefstroom Landou studente om diskriminasie teen Afrikaans en blanke studente op kampus teen te staan.
- Was suksesvol om leerlinge van regoor Suid-Afrika se uitstaande matrieksertifikate te laat uitreik;
- Toelatingsvereistes aan universiteite aangevat en topstudente bygestaan om toelating te kry;
- Gr. 12-vraestelle wat van swak gehalte was aan die minister van basiese onderwys deurgegee en voorstelle ingedien;
- Dryf veldtogte vir die behoud van moedertaalonderrig as tersiêre en sekondêre onderrigmedium;
- Sentralisering van universiteitsaansoeke by die departement van hoër onderwys teengestaan;
- Veeartsenykundestudente, wat aan diskriminerende toelatingsvereistes onderworpe was, bygestaan;
- Onderwysdepartement van Mpumalanga by die Openbare Beskermer (OB) aangekla vanweë administratiewe probleme wat leerlinge en ouers ervaar het.