AfriForum Jeug verwelkom onttrekking van rassekwotas

AfriForum Jeug verwelkom die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (SASA) dat dié organisasie nie meer die rassekwotabeleid wat dit op 25 Februarie vanjaar gepubliseer het, gaan toepas nie. Dit volg nadat AfriForum Jeug vroeër die maand sy regspan opdrag gegee het om ’n brief aan SASA te rig waarin die kwessie van strenger transformasieteikens sterk veroordeel word.

“AfriForum Jeug sal die finale aankondiging van die atletiekspanne egter streng dophou om seker te maak dat SASA inderdaad die daad by die woord voeg. Die aankondiging is ’n oorwinning vir atlete, wat eintlik veronderstel is om op meriete aan sport deel te neem en geleenthede te ontvang, en nie op grond van hul ras nie,” sê Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug.

AfriForum bedank die talle ouers en jong atlete wat reeds die jeugorganisasie gekontak het om hulle te verteenwoordig as die diskriminerende proses sou voortgaan.

Klik hier vir die regspan se brief aan SASA.
Klik hier vir SASA se aankondiging oor die onttrekking van die rassekwotabeleid.