UP-Studente
| DeurAfriForum

Ek eis optrede teen die EFFSC wat haatspraak-uitlatings maak.

Laat jou stem hoor saam met ander UP-studente wat eis dat die universiteit moet optree teen die EFF Student Command (EFFSC UP) wat skuldig is aan haatspraakuitlatings.

Die EFFSC UP maak uitlatings wat ’n omgewing op kampus skep waar studente soos ons nie veilig voel nie. AfriForum Jeug het die universiteit al ingelig oor sulke gevalle en gevra watter aksie hulle daarteen gaan neem. Die universiteit het versuim om te antwoord …

Nou gaan ons, as UP-studente, seker maak dat die universiteit na ons luister. Hierdie e-pos moet soveel as moontlik in hulle inbox land, want ons wil hê dat die EFFSC UP as ’n studentevereniging gederegistreer word en dat die skuldige lede die gevolge dra vir hulle haatspraak.

"*" indicates required fields

Naam en van*

E-posboodskap

Ek, ______ ______, staan saam met AfriForum Jeug om te eis dat die universiteit optree teen die EFF Student Command (EFFSC) wat hulself skuldig maak aan haatspraakuitlatings.

AfriForum Jeug het op 19 April ’n skrywe aan die Universiteit van Pretoria (UP) gerig om die bestuur in te lig oor haatspraakuitlatings wat die EFFSC UP in ’n persverklaring op 12 Maart 2023 gemaak het. Hulle het onder meer die volgende gesê: “I’m not scared of death. I don’t know why I’m still alive, I died a long time ago. I am not scared of killing. A revolutionary is a walking killing machine. If a need arises, I will kill, especially in defence of my people.”

UP het versuim om te reageer op die vrae wat in AfriForum Jeug se skrywe hieroor gestel is. Dít terwyl hierdie tipe uitlatings ’n omgewing op kampus skep waar studente soos ek nie veilig voel nie.

Ek, as UP-student, eis antwoorde en bevestigende optrede vir die volgende:

  • Watter dissiplinêre stappe het die universiteit teen die EFFSC UP lede geneem wat verantwoordelik is vir die publikasie van die persverklaring? Daar moet gevolge vir haatspraak wees!
  • Word die EFFSC UP nog toegelaat om ’n geregistreerde studentevereniging van die universiteit te wees? ’n Vereniging wat skuldig is aan haatspraak moet gederegistreer word!

Groete
’n Teleurgestelde UP-student