Dubbele standaarde by NWU

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het onlangs besluit om Paul Kruger se monument op kampus “onwelkom” te verklaar. Dit terwyl dieselfde universiteit se ruimtes gebruik mag word vir liedere soos Kill the Boer” – wat openlik haat en verdeeldheid saai.

As Afrikanerstudente, en as jongmense wat in ’n inklusiewe en regverdige Suid-Afrika glo, kan ons nie langer stilbly nie. Dit is ’n duidelike dubbele standaard: Ons erfenis en geskiedenis word stilgemaak, maar haatspraak word geduld.

Teken nou die petisie en wys dat jy nie sal toelaat dat jou geskiedenis en kultuur stilgemaak word terwyl haatspraak geduld word nie.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.