Afrikanererfenis: ons monumente en standbeelde
Agna Becker se meningstuk was een van die toptien skrywes van AfriForum Jeug se meningstukkompetisie, Tel op jou pen en wen!
Hoede af vir die verlede, moue opgerol vir die toekoms! Maar hoe betoon ek my respek vir die verlede en hoe beplan ek vir die toekoms as ek nie my geskiedenis ken nie? Die Afrikaner se monumente en standbeelde help hom om korte mette te maak van hierdie twee probleme. Daarom is dit vir ons noodsaaklik om ons erfenis te bewaar!
Wat is erfenis? Volgens die HAT is dit βn nalatenskap van vorige geslagte. Dus, ons monumente, standbeelde, taal en volksliedere is alles deel van die Afrikanererfenis. Dit het in vele opsigte bloedsweet gekos om hierdie erfenis op te bou. Dink net aan die vernedering wat so baie kinders in skole moes verduur net omdat hulle patrioties was oor hul taal β wat in daardie stadium nog βn βkombuistaalβ was. Die majestueuse Voortrekkermonument is nog βn voorbeeld van βn ekstra myl wat geloop is om die geskiedenis vir die nageslag deur βn monument te illustreer. Die gedetailleerde argitektuur, veelseggende simboliek en selfs die 12 jaar se harde, fisiese arbeid om die monument tot stand te bring, laat ons in verwondering oor die moeite wat ons voorouers gedoen het om hul nakroos te herinner aan die geskiedenis. Met bloed en sweet het ons voorvaders βn erfenis vir ons opgebou. Is dit nie tragies om te dink dat ons dit in die water gooi as ons dit nie bewaar nie?
Waarom is ons erfenis belangrik? In Hos. 4:6 staan: βMy volk gaan ten gronde weens βn gebrek aan kennis.β Vir die meeste van ons is dit duidelik dat dit tans die geval is met die Afrikanervolk. Omdat ons nie genoeg kennis van ons verlede het nie, verloop die proses om die toekoms op te bou maar broekskeur en sien baie van ons volksgenote nie lig in die tonnel nie. Ons monumente en standbeelde is daar om ons te prikkel om ons kennis van ons volksgeskiedenis weer op te skerp. Wanneer ons dit doen, sal ons dalk meer doelgerig wees want ons weet: die geskiedenis herhaal homself. Verder put ons hoop in uitdagende tye uit dΓt wat ons monumente en standbeelde ons leer. Ons raak wys dat ten spyte van die feit dat dinge in die dae van ons voorouers alles nie altyd maanskyn en rose was nie, hulle steeds, met die krag van Bo, die dal van doodskaduwee kon oorkom. Dit gee my moed, want dieselfde bloed wat deur hulle are gevloei het, vloei nou deur my en jou are!
Laastens is dit belangrik om te weet hoe ons ons erfenis kan bewaar en daad by die woord kan voeg. Om trots te wees op jou kultuur is al βn eerste stap na die wenpaal. Wees patrioties en stel βn goeie voorbeeld van hoe βn ware, godvresende Afrikaner behoort te lyk. Deur volksfeeste (soos Majubadag en Geloftefeeste) by te woon, gaan Afrikanerwees nie net nΓ³g méér plesierig wees nie, maar dit is ook βn ander manier om jou deel by te dra tot die stryd om ons erfenis te bewaar. Omdat ons pragtige moedertaal en volksliedere ook βn belangrike aspek van ons erfenis is, moet ons dit bewaar deur te poog om Afrikaans suiwer te praat en ons volksliedere te ken. Dit is βn eenvoudige, maar baie doeltreffende manier om jou deel by te dra om ons erfenis te laat voortleef.
Vir my sΓͺ βDie Vlagliedβ alles! Ons monumente, standbeelde, taal en volksliedere is βn βpand van ons erfenis, geslag op geslag, om te hou vir ons kinders se kinders wat wagβ. Dus kan ons diΓ© lied uit volle bors saamsing, wetende dat ons ook ons kant bring om dit vir die nageslag te bewaar!
Agna Becker is 17 en βn tuisleerder van Polokwane. Sy beplan om in 2023 haar Cambridge matriek te voltooi en daarna Wiskundige Wetenskappe te gaan studeer. Buiten akademie, neem tennis, ringbal en klavieroefening ook heelwat van haar tyd in beslag. Sy spandeer graag haar vrye tyd in die natuur en is βn Christen- Afrikanernooi in murg en been.
Instagram-handvatsel: hannamari79

