Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Wesfrontvasbyt 23-28 September 2019

deur in Uncategorized Witwarm op 19 July, 2019

BESPREEK JOU PLEK IN DRIE STAPPE – lees ook die belangrike inligting wat volg

Stap 1: Stuur ’n video van jouself (’n “selfie-video”, landscape) na 081 217 0008 waarin jy die volgende vrae beantwoord:

– Jou naam en van

– Van waar af jy kom

– Hoekom wil jy graag aan die Wesfrontvasbyt deelneem?

– Wat is vir jou die belangrikste item wat jy gaan inpak?

– Wie is die dapper generaal…?

Stap 2: Vul die vorm hieronder in

Stap 3: Stuur jou bewys van betaling na 081 217 0008/marike.vanas@afriforum.co.za

INSKRYWINGS SLUIT

Maandag 16 September

AGTERGROND

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 het die Boere Ladysmith, Kimberley te ontset. Ná oorwinnings by Belmont, Graspan en Modderrivier is hy egter op 11 Desember 1899 by Magersfon­tein danksy die meesterlike gevegsvernuf van generaal Koos de la Rey deur die Boere onder leiding van generaal Cronjé gestuit. Hierna het veldmaarskalk lord Roberts die bevel by Methuen oorgeneem en op versterkings uit Brittanje gewag.

Op 11 Februarie 1900 is die Britse opmars aan die Wesfront hervat en op 15 Februarie is Kimberley ontset. Op 27 Februarie het Roberts Cronjé by Paardeberg tot oorgawe gedwing en op 7 Maart het hy die res van die Boere onder generaal De Wet by Poplar Grove uiteengejaag. De la Rey, wat inderhaas uit Colesberg na die Wesfront gestuur is, het egter ’n verdere briljante gevegsbesluit geneem en op 10 Maart so byna daarin geslaag om Roberts se menigte by Driefontein te stuit.

Roberts het egter voortgestoom en Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem. Toe verander De Wet sy taktiek en begin ’n lang, uitgerekte guerrillaoorlog. Vrede is eers op 31 Mei 1902 gesluit.

INLEIDING

AfriForum Jeug, in samewerking met die geskiedskrywer dr. Louis Bothma, bied vanjaar die tweede Wesfrontvasbyt van 23 tot 28 September 2019 net buite Bloemfontein aan. Een middag na afloop van die verkenning van die roete in Mei 2018 sit ek en oom “Botties”, soos ons hom noem, en maal gedagtes rondom die doel van hierdie toer. Op 24 Mei, tydens die herbegrafnis van 31 burgers wat met die Slag van Driefontein gesneuwel het, spreek senator Charlie Marais hierdie woorde: “Uit hierdie graf kom ’n stem: Afrikaner, hou vas aan jou grond. Ons het daarvoor gesterwe”.

Met hierdie boodskap in ons agterkoppe vang oom Botties die tema van die toer vas in ses woorde. “Die geskiedenis sê dit is ons grond”. Dit is waarom ons jongmense aan hierdie geskiedenis wil blootstel. Dit is vir ons ’n rigtingwyser en daar is lesse te leer uit die verlede. Dit is belangrik dat ons, as jong Afrikaners, weet waar ons vandaan kom om te weet waarheen ons op pad is.

DIE ROETE

Maandag 23 September 2019

Aankoms, Bloemfontein

Stappers kom op 23 September om 14:00 in Bloemfontein bymekaar. Voertuie word op ’n veilige plek parkeer vir die week en bagasie word oorgelaai. Stappers word na die vertrekpunt by Paardeberg vervoer.

Dinsdag 24 September 2019

Die Slag van Paardeberg, 27 km

Die Slag van Paardeberg het in die Oranje-Vrystaat naby Vendusied rif op die walle van die Modderrivier in die omgewing van Kimberley plaasgevind nadat Britse magte Kimberley na die Boeremagte se beleg ontset het. Nadat genl. lord Kitchener ’n aanvanklik mislukte direkte aanslag op die Boeremagte gevoer het, is die terugvallende Boeremag onder bevel van genl. Piet Cronjé by Vendusiedrif vasgekeer en tot oorgawe gedwing.

Woensdag 25 September 2019

Die Slag van Poplar Grove, 20 km

Die Slag van Poplar Grove, ook bekend as die Slag van Modderrivierpoort, is op 7 Maart 1900 noord van Petrusburg beslis. Sowat 5 000 Boere, gedemoraliseer ná die oorgawe van Cronjé op 27 Februarie by Paardeberg, het halsoorkop gevlug toe Roberts se massiewe leër hulle probeer omsingel het. Generaal De Wet het egter met ’n agterhoedegeveg daarin kon slaag om die Boere se vervoer, wapens en ammunisie te red. Die Boere het na Abrahamskraal teruggeval.

Woensdag 26 September 2019

Aanloop tot Driefontein, 7 km

Ons verken die volgende plase, rante en koppies:

  1. Katdoornput
  2. Schaapplaas
  3. Hospitaal en begraafplaas (Driefontein)
  4. Abrahamskraalrante
  5. Scobell se koppies
  6. Abrahamskraal se opstal en begraafplaas

Donderdag 27 September 2019

Die Slag van Driefontein, 7 km

Die Slag van Driefontein, ook bekend as die Slag van Abrahamskraal, het op 10 Maart 1900 ongeveer 60 km wes van Bloemfontein plaasgevind. Die hoofgeveg is op die plaas Boschrand beslis, waar 300 boere onder leiding van De la Rey 3 000 Britte ’n dag lank teëgehou het. De la Rey beskryf dit in sy memoires as “een van die merkwaardigste gevegte van die oorlog.”

ALGEMENE INLIGTING

  • 23 en 28 Sep is reisdae om tot in Bloemfontein te kom en weer terug te reis.
  • Die totale stapafstand is tussen 60 en70 km en word in vier dae opgedeel.
  • Die stappers word per vragmotor vervoer tussen bestemmings wat nie deel is van die staproete nie.
  • Kamptoerusting, ens. sal op die bystandsvoertuie gelaai word. Toerlede hoef slegs met ’n rugsak met die belangrikste benodigdhede vir elke dag se roete te stap.
  • Die bystandsvoertuie is ook daar vir diegene wat tydens die staproete probleme ondervind.
  • Noodhulp sal beskikbaar wees in geval van nood.
  • ’n Gedenkwaardigheid wag op dié wat die roete saam met ons voltooi

KOSTE

R800 p/p. Reeds gestap? Verwys iemand wat nog nie gestap het nie suksesvol en betaal halfprys.

Die koste sluit in: Toergids en deurlopende voorligting oor die slagvelde op die Wesfront; aandetes; gedenkwaardighede; vervoer tussen 24 en 27 September; water; koffie en beskuit in die oggende.

Daaglikse versnaperings uitgesluit.

Toerlede is verantwoordelik vir hul eie vervoer na en van Bloemfontein op 23 en 28 September. ’n Alternatief tot die inskrywingskoste van R800 is om AfriForum Jeug te help om betalende lede te werf. Skakel direk met ons hieroor by 081 217 0008 as jy alternatiewe reëlings wil tref om te betaal.

BANKBESONDERHEDE

AfriForum NPC

FNB

623 4989 8398

261 550

Verw: Jou NAAM + WESFRONT

BESPREEK JOU PLEK IN DRIE STAPPE

Stap 1: Stuur ’n video van jouself (’n “selfie-video”, landscape) na 081 217 0008 waarin jy die volgende vrae beantwoord:

– Jou naam en van

– Van waar af jy kom

– Hoekom wil jy graag aan die Wesfrontvasbyt deelneem?

– Wat is vir jou die belangrikste item wat jy gaan inpak?

– Wie is die dapper generaal…?

Stap 2: Vul die vorm hieronder in

Stap 3: Stuur jou bewys van betaling na 081 217 0008/marike.vanas@afriforum.co.za

INSKRYWINGS SLUIT

Maandag 16 September

 VOORBEREIDING

Sodra ons toergroep se getalle vasgestel is, sal ’n lys van benodigdhede en verdere inligting deurgestuur word.

KONTAKBESONDERHEDE

Marike van As – 081 217 0008 of marike.vanas@afriforum.co.za.

As jy meer oor jou geskiedenis wil leer en by oplossings vir die toekoms betrokke wil raak, moet jy nie hierdie toer misloop nie!

Wesfrontvasbyt 23-28 September 2019

Bespreek jou plek
  • Die man en dame wat die meeste stappers onder hul naam inskryf betaal halfprys vir die toer en kry 'n gratis rugsak-stoel met stoorplek vir verversings.