Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Staan vir VSR; word ʼn leier op jóú kampus!

deur in Witwarm op 02 July, 2015

AfriForum Jeug is opsoek na 10 studenteleiers op elke universiteitskampus wat bereid is om hulself verkiesbaar te stel vir hul universiteite se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR). Die jeugorganisasie is oorgehaal om vanjaar skoonskip te maak in die VSR-verkiesings by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) en die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies).

Ons wil aanhou om jou stem op kampus te wees. AfriForum Jeug veg vir die behoud van Afrikaans en gesonde studentelewe, asook vir die afskaffing van rasseklassifikasie.

AfriForum Jeug het verlede jaar stof in die oë van ander kampus-organisasies geskop deur 50% van die verkose setels van die VSR by Tukkies se studenteraadsverkiesing op te raap.

Hierdie jaar beplan die jeugorganisasie om deel te neem aan die VSR-verkiesing by Kovsies.  Ons is vasbeslote om ons stempel af te druk en te wys Afrikaans is hier om te bly.

Indien jy belangstel om AfriForum Jeug te verteenwoordig by Tukkies of Kovsies, SMS jou naam na 083 381 3502 (standaard SMS tariewe geld).