Wil jy by AfriForum Jeug se Puk-kampusstrukture betrokke raak?
Suksesse
Lees hier hoe ons op jou kampus aan die werk is:
Ons veg vir die behoud van die PUK-kultuur
Na aanleiding van die EFF-studentebevel se optog op die PUK-kampus om amptelik daarop aan te dring dat Engels as enigste primêre onderrigtaal aanvaar word, voel…
wat kan ons vir jou doen?
- Ons bied vir jou opleidingsgeleenthede wat jy op jou CV kan lys.
- Ons verseker jou veiligheid op kampus. Tydens protesoptredes hou ons die universiteitsbestuur aanspreeklik en kan ons vinnig ons lede van kampus af ontruim. Boonop bied ons ook selfverdedigingsopleiding aan.
- Ons veg vir die behoud van ’n gesonde studentelewe. Daarom nooi ons al ons lede na ons sosiale aksies, byvoorbeeld pot-en-pons- en beerpongaande wat onder meer deur die tak gereël word. Ons bied ook ons eie soort intervarsity aan: Boerspitus.
- Ons staan op teen onregverdige diskriminasie in jou klasse en algeheel op kampus. Ons lede kan dus hul probleme onder ons aandag bring, en ons kyk hoe ons dié lede kan verteenwoordig. Akademiese of koshuisprobleme kan ook onder ons aandag gebring word.
- Enige veranderings in universiteitsbeleide wat ons lede nadelig raak, sal beveg word aangesien ons as spreekbuis optree vir ons lede.
- Ons bied verskeie geleenthede vir staptoere en persoonlik ontwikkeling.
- Ons bied jou ’n veilige plek waar studente self standpunt kan inneem en vir hulself ’n toekoms kan bou.
Ons het jou insette nodig om te verseker dat dinge so reg moontlik kan loop. Weet jy van iets waarvan ons dalk nie weet nie? Vertel ons asseblief daarvan!