Wil jy by AfriForum Jeug se Maties-kampusstrukture betrokke raak?
suksesse
Lees hier hoe ons op jou kampus aan die werk is:
AfriForum Jeug besoek inwoners van Geluksoord
AfriForum Jeug se Maties-tak het op 2 Mei 2019 besluit om aan die gemeenskap terug te gee deur die Geluksoord-tehuis vir verswakte bejaardes te besoek. Die tehuis…
AfriForum Youth’s Maties branch cleans Jan Marais Nature Reserve
On 2 August 2018 AfriForum Youth’s Maties branch cleaned up the Jan Marais Nature Reserve at the University of Stellenbosch (US) and did general maintenance work to…
AfriForum Jeug se Maties-tak hou selfverdedigingwerkswinkel
AfriForum Jeug se Maties-tak het op 22 Augustus 2019 ’n selfverdedigingwerkswinkel gehou. C.O.B.R.A. Self Defense het dié werkswinkel vir die studente aangebied. “AfriForum Jeug beskou die studente…
WAT KAN ONS VIR JOU DOEN?
- Ons bied vir jou opleidingsgeleenthede wat jy op jou CV kan lys.
- Ons verseker jou veiligheid op kampus. Tydens protesoptredes hou ons die universiteitsbestuur aanspreeklik en kan ons vinnig ons lede van kampus af ontruim. Boonop bied ons ook selfverdedigingsopleiding aan.
- Ons veg vir die behoud van ’n gesonde studentelewe. Daarom nooi ons al ons lede na ons sosiale aksies, byvoorbeeld pot-en-pons- en beerpongaande wat onder meer deur die tak gereël word. Ons bied ook ons eie soort intervarsity aan: Boerspitus.
- Ons staan op teen onregverdige diskriminasie in jou klasse en algeheel op kampus. Ons lede kan dus hul probleme onder ons aandag bring, en ons kyk hoe ons dié lede kan verteenwoordig. Akademiese of koshuisprobleme kan ook onder ons aandag gebring word.
- Enige veranderings in universiteitsbeleide wat ons lede nadelig raak, sal beveg word aangesien ons as spreekbuis optree vir ons lede.
- Ons bied verskeie geleenthede vir staptoere en persoonlik ontwikkeling.
- Ons bied jou ’n veilige plek waar studente self standpunt kan inneem en vir hulself ’n toekoms kan bou.
Ons het jou insette nodig om te verseker dat dinge so reg moontlik kan loop. Weet jy van iets waarvan ons dalk nie weet nie? Vertel ons asseblief daarvan!