Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

AfriForum Jeug-gemeenskapstrukture

deur in Stories Witwarm op 17 June, 2016

20160604_091848

AfriForum Jeug het gedurende Mei 2016 die jeugstrukture op gemeenskapsvlak reg oor die land besoek. Daar is reeds ongeveer 20 jeugstrukture in gemeenskappe gevestig.

AfriForum Jeug se strukture fokus op die ouderdomsgroep tussen 15 en 35 jaar wat ondermeer jong werkendes insluit, hoewel alle ouderdomsgroepe baie aktief by die jeug aksies betrokke is. Hierdie jeugstrukture bepaal spesifieke behoeftes in hul onderskeie gemeenskappe en skakel by die groter takstruktuur in. Op dié wyse lewer die toekomsgefokusde jeuggemeenskap ’n belangrike bydrae om hul gemeenskap te bemagtig.

Gesamentlik fokus AfriForum Jeug op ’n nasionale projek vir die jeugstrukture van elke tak regoor die land. Dié projek behels dat die jeug ’n belangrike erfenisgebied in hul gemeenskap identifiseer, wat dan versorg en die geskiedenis daaragter nagevors word. Die erfenisgebied en die geskiedenis daarvan word dan op Erfenisdag op 24 September 2016 by ’n gemeenskapsbraai deur die jeug aan die gemeenskap bekend gestel.

Die jeugstrukture op gemeenskapsvlak groei steeds weekliks. AfriForum Jeug sien daarna uit om saam met elke gemeenskap jeugstruktuur ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms in die onderskeie gemeenskap te verseker.