AfriForum Jeug

Om ‘n jong Afrikaner te wees is lekker!

Ons waardes

Ons is geskoei op Christelike waardes.

Ons wil jongmense se leierskapsvaardighed, kennis en vaardighede ontwikkel.

Ons bevorder Afrikaans en moedertaalonderrig.

Ons wil jongmense se veiligheid verseker en verskerp.

Ons staan regstellende aksie teen.

Ons bevorder die nastreef van ’n gesonde studentelewe.

Ons bevorder gehalte-onderrig.

Ons wil jongmense in dorpe mobiliseer om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Visie en missie

Visie

Om ’n selfstandige platform te skep waarmee die jeug wil assosieer op ’n sosiale en aktivistiese vlak. Die jeuggemeenskap wat deur hierdie platform gevestig word, sal standpunt inneem en self verantwoordelikheid neem vir hul toekoms aan die suidpunt van Afrika.

Om ’n bymekaarkomplek te wees vir jong Afrikaners op kampusse en in dorpe waar AfriForum-strukture gevestig is en om as spreekbuis op te tree in gevalle waar daar teen jongmense gediskrimineer, hulle van hul moedertaalonderrig ontneem en hul grondwetlike regte geskend word. Om te streef vir die uitbou van Afrikaans en Afrikanertradisies, en opleiding aan jongmense te bied om hulself te bemagtig om standpunt te kan inneem oor kwessies wat hul toekoms beïnvloed.

Missie

Om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder, die werklikhede in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte te loods en aktief standpunt in te neem vir jongmense se burgerregte.

Om die jeug te bemagtig en saam te snoer deur die daarstel van volhoubare projekte waarmee hulle kan assosieer.