Wesfrontvasbyt

WESFRONTVASBYT  30 Sep – 5 Okt 2018

Besprekings open 3 September 2018 en sluit 23 September 2018

marike.vanas@afriforum.co.za/0812170008 

INLEIDING

“Die geskiedenis sê dit is ons grond” – Dr. Louis Bothma

Die Wesfrontvasbyt is AfriForum Jeug se 2de leierskap- en geskiedenistoer staptoer vir die jaar. Die doel van hierdie toere is om jongmense tussen 18 – 30 meer te leer oor hul geskiedenis, samehorigheid tussen mede Afrikaners te geniet en gemotiveerd terug te keer om ‘n verskil te gaan maak in hul gemeenskap.

Ons eerste toer was gebaseer op die Rebellie van 1914/1915. Dit staan bekend as die Rebelspoorvasbyt en dit behels ‘n gedeelte van die roete van Genl. Jan Kemp en sy kommando se woestyntog om tot by Genl. Manie Maritz te kom in die Kalahari. Volg gerus hierdie skakel om die blog te lees deur een van die toerlede asook ‘n paar fotos: https://forumnuus.co.za/rebelspoorvasbyt-maak-jonges-trots-op-hul-geskiedenis/

TEMA

Die Wesfrontvasbyt het ‘n ander tema: die Tweede Vryheidsoorlog wat geduur het vanaf 1899-1902. Ons toer spesifiek na veldslae wat onder leiding van Genl. de la Rey gevoer is. Dit verskil van die Rebelspoorvasbyt omdat ons met hierdie toer van slagveld na slagveld en stelling na stelling stap om dit in diepte te verken.

DATUM

Die toer vind plaas vanaf 30 September – 5 Oktober 2018 in ‘n gedeelte van die Vrystaat. (Volledige roete sal nader aan die tyd deurgegee word). Die bymekaarkomplek is Bloemfontein. (die presiese ligging sal nader aan die tyd bevestig word). 30 September en 5 Oktober is reis dae na en vanaf Bloemfontein en 1-4 Oktober is ons stap dae.

TOERGIDS

Ons toergids is Dr. Louis Bothma, ‘n historikus en geskiedskrywer van Bloemfontein wat al baie navorsing oor hierdie temas gedoen het asook boeke geskryf het daaroor naamlik:

Rebelspoor en Punt van die Swaard.

KOSTES

Die vooruitbetaalbare koste per persoon, saam met jou vrywaringsvorm, verseker jou plek op die toer. Die koste vir die toer beloop R800 en sluit die volgende in: Toergids, aandetes en kosspan, koffie en beskuit vir die oggende, ‘n aandenking, ondersteuningsvoertuie na slagvelde en drinkwater.

Dit sluit nie vervoer na en van Bloemfontein in nie asook nie middagetes nie. Vervoer kan onder mekaar gereël word sodra die groep vasgestel is om kostes te spaar maar dit is elkeen se eie verantwoordelikheid. Middagetes moet gerieflik en vinnig wees om te eet soos droë vrugte, biltong en neute.

BANKBESONDERHEDE

AfriForum NPC

FNB

623 4989 8398

261 550

Verwysing: WESFRONT + jou naam

Navrae: Stuur jou bewys van betaling en voltooide vrywaringsvorm na Amni van Vollenstee by amni.vanvollenstee@afriforum.co.za en cc marike.vanas@afriforum.co.za

PROGRAM RAAMWERK

30 September: Ry na Bloemfontein vertrek saam na Paardeberg

1 Oktober:          Paardeberg

2 Oktober:          Poplar grove

3 Oktober:          Privaat plaas

4 Oktober:          Driefontein

5 Oktober:          Ry terug na Bloemfontein

ALGEMENE INLIGTING

Voertuie sal in Bloemfontein op privaat eiendom gestoor kan word.

Die toergroep sal d.m.v ondersteuningsvoertuie na die slagvelde vervoer word vir die dele wat ons nie gaan stap nie.

Kamptoerusting, ens. sal op die bystandsvoertuie gelaai word. Toerlede hoef slegs met ’n rugsak met die belangrikste benodighede vir elke dag se roete te stap.

Die bystandsvoertuie is ook daar vir diegene wat tydens die staproete probleme ondervind.

Stap afstande sal nie 26km per dag oorskry nie.

Ons slaap meestal in die veld in tente.

‘n Kampstort word voorsien en sommige plekke het die nodige geriewe.

Aandetes en koffie/tee en beskuit en water word voorsien.

Hierdie sal die heel eerste keer in die geskiedenis wees wat hierdie roete gestap word.

Party mense maak geskiedenis, ander maak skande. Wat gaan jy maak? – dr. L.J. Bothma

KONTAKBESONDERHEDE

Marike van As – 081 217 0008 of marike.vanas@afriforum.co.za.

As jy meer oor jou geskiedenis wil leer en by oplossings vir die toekoms betrokke wil raak, moet jy nie hierdie toer misloop nie!

 

Laai jou vrywaringsvorm hier af.