Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

TUT moet voorbeeld maak van oproerige studente

deur in Hou ons hier dop op 16 February, 2015

Die bestuur van die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) moet ’n voorbeeld van moeilikheidmakers by dié universiteit maak en hulle permanent skors.

AfriForum Jeug gaan die universiteit versoek om teen betogende en gewelddadige studente op te tree wat verskeie kampusse van die instelling die afgelope paar weke onregeerbaar gemaak het.

Die oproerige studente het ook verlede week met die polisie slaags geraak.

Die studente is glo ontevrede oor die regering se nasionale studentefinansieringshulpskema (Nsfas) wat nie voldoende is om alle behoeftige studente te help nie.

Henk Maree, voorsitter van AfriForum Jeug, het gesê dit is skreiend dat die studenteraad van TUT die geweld aanhits en nie tot verantwoording geroep word nie.

“Hoër onderwysinstellings kan nie toelaat dat klein groepies studente akademiese aktiwiteite ontwrig, onderrig ondermyn en die lewens van ander studente in gevaar stel nie. Studente wat by universiteite toegelaat word, moet besef dis ’n voorreg om te kan studeer en nie ’n reg nie.”

Maree het gesê studenteleiers is veronderstel om rolmodelle vir medestudente te wees. “As toekomstige leiers van die land, is dit jammer en baie kommerwekkend dat hulle so vroeg reeds begin om ’n kultuur van wanorde en geweld te propageer.”

Die universiteit het klasse amptelik opgeskort tot verdere kennisgewing en studente by verskeie kampusse is versoek om koshuise te ontruim.

Die kampusse wat geraak word, is Soshanguve noord en suid, Ga-Rankuwa, Nelspruit en Witbank (eMalahleni).

Die universiteit het luidens mediaberigte gesê daar is besluit om onderrig op te skort en koshuise te ontruim om te voorkom dat ander studente in gevaar gestel word en verdere skade aan eiendom aangerig word.

Die TUT het nie teen druktyd op selfoon-navrae reageer nie.

 

Kliek HIER om ons brief aan TUT te lees.