Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tugstappe moet teen studenteraad van DUT gedoen word

deur in Hou ons hier dop op 12 February, 2015

AfriForum Jeug is bekommerd oor die rassistiese en polariserende opmerkings wat deur lede van die studenteraad van die Durban Universiteit van Tegnologie (DUT) gemaak is. Die organisasie het prof. Ahmed Bawa, rektor van DUT, versoek om by die saak in te gryp.

Luidens ’n berig in die Daily News het die studenteraad by monde van sy sekretaris, Mqondisi Duma, gesê hulle versoek dat die universiteit alle Joodse studente wat nie die Palestynse saak ondersteun nie, moet skors.

Die besluit is glo na ’n vergadering geneem waar die studenteraad internasionale politiek bespreek en ontleed het.

Eduan Dupper, ondervoorsitter van AfriForum Jeug, het gesê die uitlatings is onaanvaarbaar en dat SR-lede rolmodelle vir ander studente moet wees. Hul gedrag behoort altyd onbesproke te wees.

Dupper het gesê die bestuur van die universiteit het ’n plig om teen enige studente op te tree wat die beginsels van die grondwet oortree. “Die uitlatings wat SR-lede teenoor Jode gemaak het, is anti-semities en ’n skending van hulle menswaardigheid.

“AfriForum Jeug eis daadwerklike optrede teen die studente. Ons beveel aan dat hulle geskors en tugstappe gedoen word. Die Joodse gemeenskap behoort ook onvoorwaardelik om verskoning gevra te word.”

Lees die brief aan prof. Bawa HIER