Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: studente

Prof. Dan Kgwadi, die visekanselier by die Noordwes-Universiteit

Misleiding, verdeling en die vervreemding van Puk-studente

deur in Mediaverklarings op 24 January, 2018

 

AfriForum Jeug veroordeel die videoboodskap van prof. Fika Janse van Rensburg, adjunkvisekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus, wat op 22 Januarie 2018 op Facebook geplaas is.

Dié video spreek twee kwessies aan, naamlik die universiteit se taalbeleid, en, volgens hóm, dat eerstejaarstudente voel hul individualisme en vryheid van assosiasie word geskend. Die NWU-bestuur het, na aanleiding hiervan, koshuise belet om tussen 8:00 en 17:00 enige koshuisdrag tydens die registrasie-en-oriënteringsprogram (R&O-program) te dra.

“Ouers het hul kinders met geruste harte by die Puk afgelaai, want hulle is deur prof. Fika en die NWU-bestuur mislei om te glo dat hul kinders by die Puk met sy ryk studentelewe en unieke kampuskultuur gaan studeer. Dít is tans verseker nie die geval nie,” sê Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusstrukture.

Afrikaanssprekende studente is gevra om te verdaag uit ’n vergadering wat prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, met ’n bepaalde groep studente in die Sanlam Ouditorium op die Puk-kampus gehad het, waarna hy met nie-Afrikaanssprekende studente alleenlik gesels het.

“Skep hierdie tipe aksies nie juis verdeeldheid wat lei tot die vervreemding van ’n sekere groep studente nie? Die groter meerderheid van die groep eerstejaars wat gevra is om te verdaag, het gesê hulle is tevrede met hoe die R&O-program verloop,” sê Fourie.

AfriForum Jeug is van mening dat die R&O-program in die verlede gewerk en sukses behaal het met die bevordering van eenheid onder studente. Dit is ook in hierdie tyd waar studente die eerste voorsmakie van dié Puk-kultuur proe. Dieselfde kultuur wat deur prof. Fika in sy video as nét ’n bestaande kultuur beskryf word.

“‘Integrasie beteken ons moet leer van mekaar’, was prof. Fika se woorde in die video, maar waarom word die opinies van individue hoër geag as dié van die meerderheid van die eerstejaars op die Puk? Die besluite wat tans afgedwing word, weerspreek egter wat prof. Fika in sy video sê,” sluit Fourie af.

?

AfriForum Jeug tevrede met NWU-raadsbesluit

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 22 September, 2017

Die raad van die Noordwes-Universiteit (NWU) het die besluit geneem om die universiteit se voorgestelde bemarkingsplan te heroorweeg. Dié bemarkingsplan het onder meer voorgestel dat die kenmerkende maroen van die NWU-Pukke na pers verander word, asook dat die woord “Pukke” uit alle bemarkingsmateriaal van die Potchefstroomkampus van die universiteit verwyder moet word.

cheryldelareyxxx

UP laat studente finaal in die steek, sê AfriForum Jeug

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 07 October, 2016

AfriForum Jeug eis die onmiddellike bedanking van prof. Cheryl de la Rey, rektor van die Universiteit van Pretoria.

img-20160926-wa0016

AfriForum Jeug dien klagte in teen Tuks-betoger ná aanranding

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 28 September, 2016

AfriForum Jeug Tuks het ʼn klagte van aanranding by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien nadat ’n lid van dié jeugorganisasie tydens die verkiesing van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) by die Universiteit van Pretoria (UP) aangerand is.

Facebook

AfriForum Jeug VSR-kandidatuur regmatig herstel

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 12 September, 2016

Die studente-appèlhof van die Universiteit van Stellenbosch (US) het op 9 September 2016 uitspraak gelewer rakende die appèl van die agt AfriForum Jeug-kandidate wat aan die verkiesing van die verteenwoordigende studenteraad (VSR) deelneem.

Tuks selfverdediging

AfriForum Jeug bied selfverdedigingsopleiding aan Tuks-studente

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 01 September, 2016

AfriForum Jeug se Tuks-tak het op Woensdag 31 Augustus selfverdedigingsklasse vir studente by die Universiteit van Pretoria aangebied.