Vul gerus die vorm in vir enige navrae.

Naam *

E-pos *

Navrae

Taal/Language

Tag Archives: Ras

up

Openbare Beskermer moet intimidasie, haatspraak en geweld by UP ondersoek

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 15 March, 2016

AfriForum Jeug het die Openbare Beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na onder andere die intimidasie, haatspraak en geweld wat die afgelope maand by die Universiteit van Pretoria (UP) plaasgevind het.

Maties 1

OpenStellenbosch-vergadering ontwrig wéér; AfriForum Jeug eis optrede

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 10 March, 2016

AfriForum Jeug eis optrede deur die Universiteit van Stellenbosch (US) se bestuur  nadat ’n optog wat gister deur OpenStellenbosch op die US se kampus gereël is, in ’n gewelddadige betoging voor die Neelsie se deure ontaard het. Dít  volg nadat ’n geskrewe pleidooi van AfriForum Jeug aan die bestuur om veiligheidsmaatreëls op die kampus op te skerp, geïgnoreer is.

JH Marais

Universiteit van Stellenbosch veroordeel studente wat erfenis herdenk ten koste van EFF

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 03 March, 2016

Die Universiteit van Stellenbosch het hom vandag uitgespreek teen studente wat deur AfriForum Jeug genooi is om 12:00 by die J.H. Marais-standbeeld op kampus vir ’n vreedsame herdenkingsaksie bymekaar te kom. Die universiteit meen dat dié studente ’n risiko vir geweld inhou omdat die EFF vandag by die universiteit betoog.

purple

Die US se aansien bloei pers

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 11 February, 2016

Die twee meisies van Maties wat weens hul pers gesigte geskors is, het vandag met AfriForum Jeug se regspan vergader en die aanbod aanvaar dat AfriForum Jeug hulle sal bystaan. AfriForum Jeug se regspan het vandag opdrag gekry om alle moontlike stappe te neem om die meisies se regte te beskerm.

F___ White People-boodskappe (2)

Wit vat vlam, maar pers word verban

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 08 February, 2016

Universiteitsbesture het geen benul wat konsekwentheid beteken nie. Dit is die gevolgtrekking waartoe AfriForum Jeug kom nadat hulle verneem het dat studente by die Universiteit van die Witwatersrand (WITS) hemde gedra het met boodskappe soos “F*** white people” daarop.

Linda “Benz” Mabengwane

SR-verteenwoordiger se kommentaar stook rassespanning

deur in Hou ons hier dop Mediaverklarings op 28 January, 2016

AfriForum Jeug se Pukke-tak het opgemerk dat mnr. Linda “Benz” Mabengwane, ’n prominente lid van die EFF en tans die SR-voorsitter van die NWU se Mafikeng-kampus, tydens ’n SAUK-uitsending sekere opmerkings gemaak het wat haat teenoor wit mense aanhits.

the-presidency-republic-of-South-africa-ad-270x200

Geslote vergadering met adjunkminister oor rasbeleide

deur in Mediaverklarings Witwarm op 26 January, 2015

AfriForum Jeug se nasionale bestuur het verlede week met Buti Manamela, adjunkminister in die presidensie, vergader oor die nasionale jeugbeleid wat in die volgende vyf jaar geïmplementeer gaan word. 

Ernst Roets, Adjunk-uitvoerendehoof van AfriForum

Wit studente ontwikkel ’n weersin weens dubbele standaarde

deur in Blog op 01 October, 2014

Rasseverhoudings in Suid-Afrika het ʼn nuwe laagtepunt bereik na ’n reeks insidente op universiteite regoor die land.

blog-new

Basta met al die rasbeheptheid!

deur in Blog op 20 August, 2014

Deur Riaan Visagie

’n Mens kan nie meer jou radio of televisie aanskakel, op die internet gaan of ’n koerant oopmaak sonder dat die rasbeheptheid-gogga jou iewers byt nie. Dit is net “swart” dit en “wit” dat. Selfs hier in Stellenbosch, waar skrywers in die kampuskoerant dikwels maan oor die “borrel” waarin ons glo hier in die wynlande leef, teel die rasbeheptheid-goggas soos muskiete in ’n malariagebied aan.

Kovsies

Kovsie-sekuriteit die probleem, nie ras nie

deur in Mediaverklarings Witwarm op 21 February, 2014

Die insident waartydens die student by die Universiteit van die Vrystaat, Muzi Damani Gwebu, aangerand is, is nie ʼn rassekwessie nie, maar wel ʼn bewys dat die sekuriteit op die kampus veel te wense oorlaat. 

AfriForum Jeug daag Kovsies-bestuur uit om regstellendeaksie-aanstellings by SAMRK in te dien

deur in Mediaverklarings Witwarm op 25 January, 2014

AfriForum Jeug het vandag die UV-bestuur en prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV), uitgedaag om persone wat as gevolg van regstellende aksie by die UV aangestel is, en studente wat as deel van kwotastelsels in sekere rigtings soos Medies toegelaat is, by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aan te gee.

20130430-photo-18

AfriForum Jeug hou “regstellende-aksie-koffiewinkel”

deur in Mediaverklarings Witwarm op 30 April, 2013

AfriForum Jeug is deur die sekuriteit van die Universiteit van Pretoria (UP) verbied om hulle veldtog teen rassklassifikasie voort te sit nadat die organisasie koffie teen verskillende pryse aan studente van verskillende rasse verkoop het. Dr Matete Madiba, studentedekaan aan die UP, het AfriForum Jeug beveel om onmiddellik die betoging teen rasseklassifikasie te staak.